Sunday Sep 05





















Grondwet

Attention: open in a new window. PrintE-mail

1.    NAAM VAN DIE KLUB:

PIETERSBURG 4X4 KLUB

2.    DOELSTELLINGS:
Die klub stel hom die volgende ten doel:
2.1.Om gesonde vermaak en ontspanning daar te stel vir die lede en hul gesinne d.m.v. gereelde uitstappies.
2.2.Om geleenthede daar te stel vir die klub se lede om gesellig met mekaar te verkeer.
2.3.Om geriewe steeds te verbeter tot voordeel van die klub en sy lede.
2.4.Nieteenstaande enigiets in hierdie grondwet vervat, enige ander wettige aktiwiteite en gemeenskaps projekte te reel wat in belang van die klub en sy lede is.
2.5.Om ander klubs te nooi om uitstappies wat deur hierdie klub gereel word, by te woon.
2.6.Om jaarlikse uitdaagreekse aan te bied, hetsy op Nasionale, Streeks of klubvlak grondslag.
2.7.Om personeel aan te stel en te vergoed om die klub eiendom in stand te hou en te bewaar.
2.8.Om Natuurbewaring te ondersteun en te bevorder.
 
3.    LIDMAATSKAP:
3.1.LEDE
Enige persoon in besit van n geldige bestuurderslisensie kan by die klub aansluit en bly n lid so lank hy/sy die voorgeskrewe ledegeld betaal. Die "gesin" van sodanige lid word outomaties ook n lede van die klub sonder om addisionele ledegeld te betaal. Gesin beteken - almal wat onder een dak bly.
3.2.NUWE LEDE
3.2.1. n Volledig voltooide aansoekvorm moet by die klubsekretaris ingedien word.
3.2.2. n Proeftydperk van 3 maande sal geld.
3.2.3. Ledegeld is onmiddelik met aansoek betaalbaar. Indien die aansoek onsuksesvol is, sal die ledegeld pro-rata terugbetaal-baar wees.
3.2.4. Nuwe lede is nie stemgeregtig voor aanvaarding as lid van die klub nie.
3.3.ERE LEDE
Daar word voorsiening gemaak vir erelede. n Erelid het geen stemreg nie.
4.    BEëINDIGING VAN LIDMAATSKAP:
4.1.Enige lid se lidmaatskap word beëindig sodra hy/sy geskors word uit die klub of skriftelik bedank.
4.2.n Lid se lidmaatskap kan deur die klubkomitee beëindig word wanneer so n lid skuldig bevind word aan enige oortreding genoem in afdeling 12.4. Die moontlike skorsing van n lid sal egter deur stemming van die lede geskied op n algemene vergadering. Die lede kan egter besluit op n waarskuwing aan die lid, afhang-ende van die graad van oortreding/s.
4.3.Lede verbeur hul lidmaatskap indien hulle ledegeld na Desember nog uitstaande is.
 
5.    LEDEGELD:
Ledegeld is die bedrag wat die klub tydens n Algemene Jaarvergade-ring of Spesiale vergadering van tyd tot tyd vasstel.
5.1.LEDE
Die bedrag soos bepaal sal jaarliks aan die Tesourier oorbetaal word voor die einde Desember van elke jaar.
 
6.    BEHEER VAN DIE KLUB:
6.1.Die beheer en bestuur van die klub se daaglikse sake berus by n
komitee genoem die Klubkomitee.
6.2.Die Klubkomitee sal bestaan uit n Voorsitter, Ondervoorsitter, Sekretaris, Tesourier, Bemarkingsbeampte en Baanbeampte. Bykomende komitee lede kan deur die komitee gekoöpteer word soos nodig.
6.3.Hierdie klubkomitee sal jaarliks tydens die Algemene Jaarverga-deringvan die klub,gehou in September, gekies word.
6.4.Drie lede van die klubkomitee, waarvan die Voorsitter of Onder-voorsitter een moet wees plus 1/3 gewone klublede, is n kworum.
6.5.n Lid van die klubkomitee wat drie agtereenvolgende vergade-rings sonder geldige verskoning afwesig is verbeur sy setel as komitee lid. So n vakante pos sal tydens die volgende gewone vergadering gevul word deur die normale nominasie / verkies-ings prosedure deur die lede.
6.6.Die klubkomitee bly in diens tot en met die volgende verkiesing van die nuwe komitee. Indien enige lid van die komitee sou bedank voor die einde van sy termyn verstryk, moet so n vakante pos onmiddelik gevul word deur die normale nominasie / verkies-ings prosedure.
 
7.    BEVOEGDHEDE EN PLIGTE VAN DIE KLUBKOMITEE:
7.1.FINANSIES
7.1.1. Die beheer van die fondse en eiendom van die klub word aan die klub komitee opgedra, wat volmag het om dit ooreenkomstig die doelstellings van die klub te bestee en te gebruik. Alle fondse van die klub moet inbetaal word op n bankrekening in die naam van Pietersburg 4x4 klub.
7.1.2. Die klubkomitee mag enige gelde na goeddunke belê en sulke beleggings wysig en verander na goedkeuring van die lede.
7.1.3. Die klub se finansiele jaar strek vanaf 1 Oktober tot 30 September van elke jaar.
7.1.4. n Verslag moet jaarliks deur die tesourier van die klub, gedurende die jaarvergadering voorgelê word.
7.1.5. Alle bewysstukke in verband met geld transaksies moet deur die tesourier en enige ander lid van die komitee geteken word.
7.1.6. Die finansiele stand van sake moet tydens klubvergaderings voorgelê word.
7.1.7. Tekenregte word toegeken aan die Voorsitter en enige ander lede deur die komitee aangewys, waarvan ten minste twee aangewese lede alle tjeks onderteken.
7.2.SAAMTREKKE
7.2.1. Die klubkomitees reel en bestuur enige sosiale byeenkoms met betrekking tot die klub.
7.2.2. Die klubkomitee sorg vir die behoorlike kontrolering en organisasie van die klub en stel vir hierdie doel aanvullende reels en regulasies op wat bindend op die klub sal wees na goeie kennisgewing aan lede.
7.2.3. Die klubkomitee sal reel vir die nodige noodhulp persone wat by amptelike byeenkomste beskikbaar sal wees.
7.3.NOTULES EN REGISTERS
7.3.1. Die klubkomitee hou notules van alle klub- en komitee vergaderings van die komitee, asook enige ander registers wat nodig geag word om die ware finansiele toestand van die klub weer te gee.
 
7.4.VERGADERINGS
7.4.1. Die klubkomitee vergader minstens maandeliks of so dikwels as wat die Voorsitter dit mag ag, maar sal aan die lede verslag lewer.
7.4.2. Indien die Voorsitter afwesig is sal die Ondervoorsitter in sy afwesigheid waarneem.
7.4.3. Enige drie lede van die komitee kan vra vir n spesiale vergadering van die komitee.
7.4.4. Die klubkomitees is verantwoordelik vir die uitvoering van alle besluite ten opsigte van die klub, wat deur die lede tydens die Algemene Jaarvergadering of spesiale vergadering geneem is.
7.4.5. Gewone lede is nie verplig om maandelikse vergaderings by te woon nie, maar daar word van hulle verwag om minstens kwartaalliks die verslagvergadering by te woon.
 
8.    ALGEMEEN:
8.1.Enige klagte moet skriftelik aan die Sekretaris gerig word vir hantering deur die komitee.
8.2.By toetrede tot die klub sal elke lid n afskrif van die grondwet ontvang.
8.3.Slegs lede van die klub, soos genoem in paragraaf 3.1 is geregtig om te stem op enige vergadering. Stemming sal geskied op die wyse soos per geleentheid deur die voorsitter bepaal word.
 
9.    PLIGTE VAN DIE AMPSDRAERS:
9.1.VOORSITTER
       Hy sal voorsit by alle vergaderings van die klub en die klubkomitee.
Hy moet jaarliks tydens die Algemene Jaarvergadering skriftelik verslag lewer oor werksaamhede, resultate ens. van die klub gedurende die afgelope jaar.
9.2.ONDERVOORSITTER
In die afwesigheid van die Voorsitter sal die Ondervoorsitter in sy hoedanigheid waarneem.
9.3.SEKRETARIS
9.3.1. Is belas met die sekretariele en administratiewe werk van die klub.
9.3.2. Moet kennis van alle spesiale vergaderings aan lede gee ten minste 48 uur voor die bepaalde tyd van die vergaderings.
9.3.3. Moet toesien dat n korrekte notule van alle vergaderings gehou word en binne 7 (sewe) dae na die vergadering aan alle volopbetaalde lede gestuur word.
9.3.4. Moet alle korrespondensie voer.
9.3.5. Moet dien as kanaal waardeur amptelike korrespondensie gerig word.
9.3.6. Moet alle werksaamhede deur die klubkomitee aan hom/haar opgedra, uitvoer.
9.3.7. Moet in samewerking met die tesourier n volledige ledelys saamstel.
9.4.TESOURIER
9.4.1. Moet alle gelde vorder en ontvang en altyd die nodige kwitansies uitreik en so gou moontlik na ontvangs in die klub se bankrekening inbetaal soos omskryf in paragraaf 7.1.1
9.4.2. Moet sorg dra dat n volledige lys van die klub gehou en bewaar word.
9.4.3. Moet alle werksaamhede deur die klubkomitee aan hom/ haar opgedra uitvoer.
9.4.4. Moet die klub se jaarlikse finansiele state vir elke jaar se Algemene Jaarvergadering opstel en voorlê.
9.4.5. Moet n inventarislys opstel van alle bates van die klub, kontrole daaroor uitoefen en jaarliks tydens die Algemene Jaarvergadering daaroor verslag doen.
9.5.BEMARKINGSBEAMPTE
              Is verantwoordelik vir die uitvoer van die bemarkings strategie.
9.6.BAANBEAMPTE
Alle sake wat verwant hou met strukture op die baan moet deur die Baanbeampte gereel word.
 
10.SOSIALE,"CHALLENGE" EN BEMARKINGS KOMITEES:
10.1.            Word aangewys tydens n klub vergadering om sekere
              funksies/byeenkomste te organiseer.
10.2.            Alle besluite en uitgawes moet deur die klubkomitee bekragtig word.
10.3.            Is verantwoordelik vir die bemarking van die klub d.m.v. die media,
              maandelikse nuusbrief en internet.
10.4.            Verkryging van borge wanneer nodig.
 
BAANKOMITEE
10.5.            Word jaarliks tydens die Jaarvergadering gekies en is verantwoordelik
              vir die ontwikkeling en instandhouding van eiendom.
10.6.            Die komitee moet die eiendom as n besigheid bedryf en moet
              maandeliks aan die klub bestuur verslag doen. Alle uitgawes
              moet deur die bestuur goedgekeur word.
 
11.VERANDERING OF WYSIGING VAN DIE GRONDWET:
11.1.            Die Grondwet mag gewysig, aangevul of vervang word deur n twee
              derde meerderheid van die lede tydens die Algemene Jaarvergadering.
11.2.            n Voorstel tot wysiging, aanvulling of verandering moet skriftelik by die
              Sekretaris van die klubkomitee ingedien word minstens 21 dae voor die
              Algemene Jaarvergadering. So n voorstel moet deur minstens 5 lede
              van die klub onderteken word.
 
12.REELS EN REGULASIES VAN DIE PIETERSBURG 4X4 KLUB:
           Om n lid te wees van die Pietersburg 4x4 klub moet u:
12.1.            In besit van n geldige bestuurlisensie wees.
12.2.            Die ledegeld soos tydens n Algemene Jaarvergadering vasgestel, voor
              die einde Desember van elke jaar betaal.
12.3.            By die klubsekretaris verskoning aanteken indien u nie n
              klubvergadering/byeenkoms kan bywoon nie.
12.4.            U mag u nie skuldig maak aan die volgende nie:
12.4.1.               Roekeloos of nalatig bestuur tydens byeenkomste
12.4.2.               Onder die invloed van drank bestuur nie, of sterk drank misbruik
                   tydens byeenkomste.
12.4.3.               n Gevaar vir ander inhou.
12.4.4.               Die gebruik van skeltaal of onwelvoeglike taal.
12.4.5.               Die natuur of natuurlewe opsetlik beskadig, rommel strooi en
                   brandstigting.
12.4.6.               Liggaamlike geweld gebruik teenoor ander.
12.4.7.               Ander voertuie beskadig of probeer beskadig.
12.4.8.               Die klub probeer afbreek of te na kom deur woord of daad.
12.4.9.               Buitensporige geraas tydens saamtrekke.
12.4.10.            Sonder n geldige verskoning nie n vergadering of byeenkoms
                   bywoon nie.
12.5.            Aansluiting van die klub geskied op eie risiko.
12.6.            Die klub sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige skade of
              verlies tydens byeenkomste nie.
12.7.            Reels van spesifieke byeenkomste sal ten alle tye aan lede bekend
              gemaak word en moet gehoorsaam word.
12.8.            Lede word verantwoordelik gehou vir vriende/familie wat deur hulle
              uitgenooi word.
12.9.            Verpligte veiligheidsmaatreels moet te alle tye nagekom word.
 
13.GOEDKEURING VAN DIE GRONDWET:
Hierdie Grondwet is goedgekeur deur lede tydens n Spesiale Algemene Vergadering van die klub gehou op 28 September 2007.
Pietersburg 4x4 | 4x4 Offroad | 4x4 Driving | 4x4 Pictures | Small 4x4 | 4x4 Fun | 4x4 Photos | 4x4 in SA | 4x4 Online | 4x4 Website | 4x4 Community | 4x4 Events | www.ptbg4x4.co.za | Pietersburg | Polokwane | Limpopo | South Africa